Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pas
pas [boodskap #126254] Wo., 29 Mei 2019 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26965
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
pas
Afbreking: pas
Uitspraak: /pɑs/




Selfstandige naamwoord: pas
Meervoud: passe
Verkleinwoord: passie
Meervoud van verkleining: passies

Betekenis:
• 'n Steil pad oor 'n berg of bergreeks.
• 'n Verlofbrief van 'n owerheid; paspoort.
• Stap; marsjeer; vooruitgang van gebeure.

Gebruik:
• Sanipas is die hoogste pas in Suid-Afrika met asemrowende uitsigte oor die Drakensberg.
• Hy het sy pas verloor.
• Jy moet die pas hou.

Spreekwoord:
• Iemand die blou pas gee. [Iemand afsê of in die pad steek.]

Vertaling:
Engels: pass; dismissal; pace
Nederlands: pas


Werkwoord: pas
Verlede tyd: het gepas
Teenwoordige deelwoord: passend, passende
Verlede deelwoord: gepaste

Betekenis:
• Om reg te sit; groot genoeg wees en goed lyk.
• Om by mekaar te hoort; goed saamgaan.
• Om reg te wees met iemand; geleë wees.

Gebruik:
• Die skoen pas perfek. Die jas pas jou ook goed.
• Sy kouse pas nie by mekaar nie.
• Sal dit jou pas as ek more kom kuier?

Spreekwoord:
• 'n Mou aan iets pas. ['n Oplossing vind.]
• Dit pas so in my kraam. [Iets is presies soos iemand dit wil hê.]
• As die skoen jou pas, trek hom aan. [As jy skuldig voel, moet jy wat gesê is, op jouself toepas.]
• Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt. [Wie laat kom, kry geen kos nie.]

Vertaling:
Engels: to fit, suit, match
Nederlands: passen


Bywoord: pas

Betekenis:
• 'n Kort tydjie gelede.
• Skaars of net.

Gebruik:
• Hy het pas afgestudeer.
• Sy het pas gaan lê, toe lui die deurklokkie.

Spreekwoord:
• Te pas en te onpas iets ophaal. [Tydig en ontydig; of dit nou geleë is of nie.]

Vertaling:
Engels: scarcely, hardly, just
Nederlands: pas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedeelte
Volgende onderwerp: waarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 29 06:27:59 UTC 2026