Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mate
Afbreking: ma•te
Selfstandige naamwoord: maat
Meervoud: mate
Betekenis:
• Meervoud van maat; meer as een maat. Die lengte, breedte en wydte van iets as dit gemeet word.
• Graad, 'n hoeveelheid van iets abstraks.
Gebruik:
• Het jy die kas se mate geneem. Die kamer se mate is 3 meter by 4 meter.
• In watter mate het dit jou besluit beïnvloed. In watter mate moet ons ouderwetse gelowe in stand hou?
Spreekwoord:
• Met twee mate meet. [Onregverdig wees.]