Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aangeneem
Afbreking: aan•ge•neem
Werkwoord: neem aan, aanneem
Verlede tyd: het aangeneem
Teenwoordige deelwoord: aannemende
Verlede deelwoord: aangenome
Betekenis:
• Verlede deelwoord van aanneem: geglo; goedgekeur; in 'n gesin opgeneem; as lidmaat aanvaar.
Gebruik:
• Hy het dit sonder meer aangeneem.
• Die regering het die wet op koolstofbelasting aangeneem.
• Die gesin het 'n kind aangeneem.
• Sy word Sondag voor die gemeente aangeneem.