Betekenis:
• 'n Klimtoestel met twee parallelle balke en dwarsstukke (sporte) waarop 'n mens klim om hoog by te kom.
• 'n Duursame materiaal van gelooide diervel waarmee klere, skoene, ens. gemaak word.
• 'n Haakplek in 'n kous waarvan die skeur soos die klimtoestel lyk.
• 'n Stelsel van idees, beginsels of opvattings wat geleer word; 'n teorie of doktrine.
Gebruik:
• Hy het van die leer afgeval en baie seer gekry.
• Die bank is met regte leer oorgetrek.
• Sy kous het 'n yslike leer in.
• Anders as die Rooms-Katolieke, baseer die Protestantisme sy leer op die Skrif alleen.
Spreekwoord:
• Die natuur is sterker as die leer. [Ten spyte van geleerdheid doen mense nog steeds dinge instinktief.]
• Van anderman se leer is dit lekker om breë rieme te sny. [Dit is lekker om iemand anders se goed kwistig te gebruik.]
'n Kind wat leer.
Werkwoord: leer
Verlede tyd: het geleer
Teenwoordige deelwoord: lerend, geleerde
Verlede deelwoord: geleerde
Betekenis:
• Om kennis en vaardighede te verwerf; in die geheue opneem en jou eie maak; aanleer.
• Om kennis en vaardighede oor te dra; les gee; onderrig.
• Om die drade van 'n kledingstuk los te trek.
Gebruik:
• Sy skryf môre eksamen en sal moet leer.
• Hy probeer sy boetie leer om fiets te ry.
• My sykous het geleer.
Spreekwoord:
• Nood leer bid. [Moeilikheid maak 'n mens vindingryk.]
• Ek moet hom die abc leer. [Om 'n baie onkundige persoon in elementêre sake reg te help.]
• In nood leer 'n mens jou vriende ken. [Iemand wat jou ook in ware omstandighede bystaan, is 'n ware vriend.]
• Jy wil jou ouma die paplepel leer vashou. ['n Ervare persoon probeer leer.]
• Al doende leer 'n mens. [Deur 'n ding te doen, leer jy dit goed doen.]
• Armoede leer bene kou. [Deur armoede leer 'n mens om vindingryk te wees.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]
Afgelei:
• leerbaar
• leersaam
Vertaling:
Engels: to learn; study, teach; run
Nederlands: leren; leren, onderwijzen; ladderen
Nota:
• Moenie met "leër" of "lêer" verwar word nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.