Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ouer
ouer [boodskap #126206] Ma., 27 Mei 2019 06:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25618
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ouer
Afbreking: ou•er




Selfstandige naamwoord: ouer
Meervoud: ouers
Verkleinwoord: ouertjie
Meervoud van verkleining: ouertjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat 'n kind het; 'n vader of moeder.

Gebruik:
• Elke ouer wil net die beste vir sy kinders hê.

Antoniem:
• kind

Hiponiem:
• enkelouer
• pleegouer
• voorouer

Afgelei:
• ouerloos
• ouerskap
• ouer-kindverhouding

Vertaling:
Engels: parent
Nederlands: ouder


Byvoeglike naamwoord: oud
Vergrotende trap: ouer
Oortreffende trap: oudste
Attributief: ou, oue
Partitief: ouds

Betekenis:
• Vergrotende trap van oud: met 'n groter ouderdom.

Gebruik:
• My broer is ouer as my suster.

Spreekwoord:
• Hoe ouer die bok, hoe harder die horing. [Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.]

Antoniem:
• jonger

Vertaling:
Engels: older, elder
Nederlands: ouder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorgestel
Volgende onderwerp: magte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jun. 27 00:52:58 UTC 2026