Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liefde
liefde [boodskap #126165] Sa., 25 Mei 2019 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26193
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die hart word algemeen as simbool van liefe gebruik.
Die hart word algemeen as simbool van liefe gebruik.
liefde
Afbreking: lief•de
Uitspraak: /ˈlifdə/




Selfstandige naamwoord: liefde
Meervoud: liefdes

Betekenis:
• Die gevoel wat 'n mens het wanneer jy baie van iets of iemand hou; warme geneentheid of gehegtheid.
• Iets of iemand wat 'n mens liefhet.

Gebruik:
Liefde is die hoogste vorm van omgee en word dikwels met verliefdheid verwar.
• Hy het twee liefdes in sy lewe, rugby en krieket.

Spreekwoord:
• Van liefde en koue water leef. [Skertsend gesê van 'n paartjie wat baie verlief is.]
• Die liefde is blind. ['n Mens sien nie die gebreke in die voorwerp van jou liefde nie.]
• Ou liefde roes nie. [Die liefde wat 'n mens eenmaal gehad het, gaan nooit heeltemal weg nie.]
• As armoede by die voordeur inkom, gaan die liefde by die agterdeur uit. [Liefde word in die getroude lewe minder as die armoede druk.]

Sinoniem:
• affeksie
• geneentheid
• hartstog

Antoniem:
• haat

Hiponiem:
• broederliefde
• kalwerliefde
• kinderliefde
• moederliefde
• naasteliefde
• ouerliefde
• susterliefde
• vaderliefde
• wederliefde

Afgelei:
• liefdesavontuur
• liefdesbetuiging
• liefdesblyk
• liefdesbrief
• liefdesdaad
• liefdesdiens
• liefdesdrama
• liefdeservaring
• liefdeslewe
• liefdeslied
• liefdesverhaal
• liefdesverhouding
• liefdesverklaring
• liefdesvlam
• liefdesvuur
• liefdeswerk
• liefdevol

Vertaling:
Engels: love, affection
Nederlands: liefde
Venda: lufuno
Xhosa: uthando
Zoeloe: uthando

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 19 Augustus 2026 19:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: verhale
Volgende onderwerp: aangetref
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 20 12:34:30 UTC 2026