Leksikograaf Boodskappe: 25618 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
veel
Afbreking: veel
Byvoeglike naamwoord: veel
Vergrotende trap: meer
Oortreffende trap: meeste
Attributief: vele
Betekenis:
• Wat groot is in aantal of hoeveelheid; nie min nie.
Gebruik:
• Daar is nie veel kos in die yskas nie.
• Tog is daar is vele redes om dankbaar te wees.
Spreekwoord:
• Dit het nie veel om die lyf nie. [Dis nie veel werd nie.]
• Hulle maak te veel werk van hom. ['n Groot ophef maak van hom.]
• Hy het te veel bessies geëet. [Hy is dronk.]
• Hy neem te veel hooi op sy vurk. [Hy onderneem te veel.]
• Te min om van ryk te word, te veel om van dood te gaan. [Nie baie nie, net so dat 'n mens kan leef.]
• Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan. ['n Baie skraal inkomste hê.]
• Te veel op jou horings neem. [Te veel onderneem.]
• Te veel ysters in die vuur hê. [Met te veel sake tegelyk besig wees.]
• Van hoor en sê, lieg mens veel. [Deur oorvertel word baie onwaarhede verkondig.]
• Veel geskreeu en weinig wol. ['n Ophef oor 'n kleinigheid maak.]
Sinoniem:
• baie
Antoniem:
• min
• weinig
Vertaling:
Engels: many, much
Nederlands: veel
Bywoord: veel
Betekenis:
• In 'n groot mate; baie of dikwels.
Gebruik:
• Dit is veel beter!
• Daar is min tyd en veel om te doen.
Vertaling:
Engels: many, much
Nederlands: veel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.