Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slag
slag [boodskap #126157] Sa., 25 Mei 2019 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26797
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
slag
Afbreking: slag




Selfstandige naamwoord: slag
Meervoud: slae
Verkleinwoord: slaggie
Meervoud van verkleining: slaggies

Betekenis:
• Die handeling van slaan of die klank wat dit maak; hou wat toegedien word.
• 'n Geveg tussen gewapende magte tydens 'n oorlog; militêre botsing.
• 'n Pynlike of nadelige gebeurtenis; iets sleg wat gebeur het; 'n terugslag.
• 'n Skielike, harde klank; die geluid van 'n klap of ontploffing; knal.
• 'n Natuurlike aanleg of besondere vermoë; iets waarmee mens goed is.
• 'n Keer; herhaling van 'n gebeurtenis (hartslag, polsslag, swemslag, klokslag, ens).

Gebruik:
• Die motor het die boom met 'n slag getref. Die slae reën op die slaaf se rug neer.
• Die Slag van Bronkhorstspruit was die eerste geveg van die Eerste Vryheidsoorlog.
• Die werker se dood was 'n groot slag vir die maatskappy.
• Die venster het met 'n harde slag toegeslaan.
• Sy het 'n slag met kinders en en wen maklik hulle vertroue.
• Hy was vir 'n slag by die werk. Jy moet weer 'n slag kom kuier.

Spreekwoord:
• Sonder slag of stoot. [Sonder enige teenstand.]

Vertaling:
Engels: blow; strike, battle; setback; jolt; knack; for a change
Nederlands: slag


Werkwoord: slag
Verlede tyd: het geslag
Teenwoordige deelwoord: slagtend, slagtende
Verlede deelwoord: geslagte

Betekenis:
• Om 'n dier vir sy vleis of as 'n offerande dood te maak.
• Om op groot skaal dood te maak.

Gebruik:
• Ons gaan 'n skaap vir die feesmaal slag.

Spreekwoord:
• Die gemeste kalf slag. ['n Gebeurtenis luisterryk vier.]

Afgelei:
• slagting
• slaghuis
• slagoffer
• slagpale
• slagter

Vertaling:
Engels: to slaughter, butcher, kill
Nederlands: slachten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plekke
Volgende onderwerp: beeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 10 14:02:11 UTC 2026