Leksikograaf Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verower
Afbreking: ver•ower
Werkwoord: verower
Verlede tyd: het verower
Betekenis:
• (militêr) 'n Gebied met militêre middels in besit neem.
• Wen; aan jou kant kry.
Gebruik:
• Konstantinopel is in 1204 deur die kruisvaarders van die vierde kruistog verower.
• As Afrikaanse digter en dramaturg verower Opperman die Hertzogprys vir beide poësie en drama.
Afgelei:
• veroweraar
• verowerde
• verowering
Verwant:
• herower
Vertaling:
Engels: to conquer, capture
Frans: conquérir
Nederlands: veroveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.