vlak [boodskap #126144 ]
Vr., 24 Mei 2019 18:50
Leksikograaf
Boodskappe: 26455Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vlak
Afbreking: vlak
Uitspraak: /flak/
Selfstandige naamwoord: vlak
Meervoud: vlakke
Verkleinwoord: vlakkie
Meervoud van verkleining: vlakkies
Betekenis:
• 'n Plat of gelyke oppervlak.
• 'n Bepaalde hoogte, peil, graad of standaard.
Gebruik:
• Sy het op die parkade se tweede vlak gestop. Die damme se vlakke is besig om te styg.
• Die kinders se vlak van taalbeheersing is indrukwekkend.
Hiponiem:
• grondvlak
• raakvlak
• seevlak
• sitvlak
• snyvlak
• straatvlak
• syvlak
• voetsoolvlak
• werkvlak
Vertaling:
Engels: level, plane, surface
Nederlands: vlak, niveau
Byvoeglike naamwoord: vlak
Vergrotende trap: vlakker
Oortreffende trap: vlakste
Attributief: vlak
Betekenis:
• Wat min diepte het; naby aan die grond.
Gebruik:
• Sy het die voëltjie in 'n vlak graf begrawe.
Sinoniem:
• ondiep
Antoniem:
• diep
Vertaling:
Engels: shallow
Nederlands: ondiep
Bywoord: vlak
Betekenis:
• Baie naby; digby.
Gebruik:
• Die skerpioen het vlak voor hom gelê.
• Die potlood lê vlak voor jou. As dit 'n slang was, het dit jou gepik.
Vertaling:
Engels: close by, nearby
Nederlands: vlak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.