Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorsprong
oorsprong [boodskap #126142] Vr., 24 Mei 2019 17:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26767
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oorsprong
Afbreking: oor•sprong




Selfstandige naamwoord: oorsprong
Meervoud: oorspronge

Betekenis:
• Die plek waar iets of iemand vandaan kom.
• Die plek of tyd waar iets ontstaan het.
• (wiskunde) Die punt waar die asse van 'n kartesiese koördinaatstelsel kruis.

Gebruik:
• Afrikaans en Engels is van Germaanse oorsprong.
• Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg in Krugersdorp.
• Die oorsprong verdeel die x-as en y-as elk in 'n positiewe en 'n negatiewe helfte.

Sinoniem:
• begin
• bron
• herkoms
• ontstaan

Afgelei:
• oorspronggebied
• oorsprongplek
• oorspronklik

Afkorting:
• oorspr.

Vertaling:
Engels: origin, source
Nederlands: oorsprong

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beweging
Volgende onderwerp: lys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 08 01:55:33 UTC 2026