| onderwys [boodskap #126104] |
Do., 23 Mei 2019 06:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25787 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderwys
Afbreking: on•der•wys
Selfstandige naamwoord: onderwys
Meervoud: —
Betekenis:
• Die oordra van kennis en vaardighede (o.a. deur onderwysers).
Gebruik:
• Een van die fundamentele aspekte van onderwys is die oordrag van kultuur van geslag tot geslag.
Sinoniem:
• lesgeëry
• onderrigting
• opleiding
• skoling
Hiponiem:
• moedertaalonderwys
• sangonderwys
• skoolonderwys
• staatsonderwys
• tuisonderwys
• volksonderwys
Afgelei:
• onderwyser
• onderwysing
• onderwysstelsel
Vertaling:
Engels: education, teaching, instruction, tuition
Nederlands: onderwijs
Werkwoord: onderwys
Verlede tyd: het onderwys
Teenwoordige deelwoord: onderwysend, onderwysende
Betekenis:
• Om les te gee; leer, onderrig, opvoed.
Gebruik:
• Sy word in die skone kunste onderwys.
Afgelei:
• onderwysing
Vertaling:
Engels: to teach, instruct
Nederlands: onderwijzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|