Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » streek
streek [boodskap #126088] Wo., 22 Mei 2019 15:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24084
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
streek
Afbreking: streek



Selfstandige naamwoord: streek
Meervoud: streke
Verkleinwoord: strekie
Meervoud van verkleining: strekies

Betekenis:
• 'n Gebied met 'n eie karakter; 'n landstreek; gewes.
• 'n Poets; gekheid; gril; slimmigheid.

Gebruik:
• Die streek is bekend vir sy groot pampoene.
• Dit is 'n slegte streek. Moenie jou streke hier kom uithaal nie.

Hiponiem:
• koringstreek
• kusstreek
• poolstreek
• skaamstreek
• woestynstreek
• aapstreek
• bobbejaanstreek
• malstreek
• skelmstreek

Afgelei:
• streeksbestuurder
• streekhof
• streekskongres
• streekskonferensie
• streeksnaam
• streeknuus
• streeksowerheid
• streektaal

Vertaling:
Engels: region; prank, trick, joke
Nederlands: streek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fynstelskroef
Volgende onderwerp: rondom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 06 16:32:18 UTC 2025