Betekenis:
• Wat die kleur in spektrum tussen siaan en violet het.
• (figuurlik) Wat droewig, neerslagtig of somber is.
Gebruik:
• Ons het 'n blou motor.
• Dit is 'n blou Maandag.
Spreekwoord:
• As die hemel val, dra ons almal blou musse. [Gesê van iets wat onwaarskynlik is.]
• Dis 'n blou Maandag. ['n Dag waarop alles verkeerd loop.]
• Een maal in 'n blou maand. [Selde.]
• Elke blou Maandag. [Af en toe.]
• Hy gee my die blou pas. [Iemand in die pad steek./ Iemand afsê.]
• Hy het blou bloed. [Hy is van hoë afkoms.]
• Hy is bont en blou geslaan. [Goed afransel sodat sy lyf vol kneusplekke is.]
• Hy kry die blou baadjie. [Tot gewoontemisdadiger verklaar word.]
• Hy kyk deur 'n blou bril. [Hy is terneergedruk.]
• Hy praat tot hy blou word. [Hy pleit tevergeefs.]
• 'n Saak blou-blou laat. ['n Saak (wat eintlik moet aangeroer word) nie bespreek of afhandel nie.]