Leksikograaf Boodskappe: 25479 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hartstogtelike kus.kus
Afbreking: kus
Werkwoord: kus
Verlede tyd: het gekus
Teenwoordige deelwoord: kussend, kussende
Betekenis:
• Om met die lippe aan te raak; 'n soen gee.
Gebruik:
• Hy kus haar op die voorkop.
• Sy steek 'n hand na hom uit, en vir 'n oomblik oorweeg hy om dit galant te kus.
Sinoniem:
• soen
Afgelei:
• Judaskus
Vertaling:
Engels: to kiss
Nederlands: kussen
Selfstandige naamwoord: kus
Meervoud: kusse
Verkleinwoord: kussie
Meervoud van verkleining: kussies
Betekenis:
• 'n Liefkosende aanraking met die lippe.
Gebruik:
• Sy groet hom met 'n kus op die voorkop.
• Sy vou haar armpies om die ou man se nek, hy bedek haar gesiggie met kusse.
Sinoniem:
• soen
Vertaling:
Engels: kiss
Nederlands: kus
'n Kus.
Selfstandige naamwoord: kus
Meervoud: kuste
Verkleinwoord: kussie
Meervoud van verkleining: kussies
Betekenis:
• 'n Strook land wat aan die see grens.
Gebruik:
• Vasco da Gama het tydens sy reis na Indië langs die kus van Suider-Afrika vaar.
• Die sonvis word aan die kuste van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland aangetref.