Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tog
tog [boodskap #126057] Tue, 21 May 2019 06:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tog
Afbreking: tog
Uitspraak: /tɔχ/




Selfstandige naamwoord: tog
Meervoud: togte
Verkleinwoord: toggie
Meervoud van verkleining: toggies

Betekenis:
• 'n Lang reis wat onderneem word. 'n Rit wat aangepak word.

Gebruik:
• Ons tog na die see het begin.

Afgelei:
• aftog
• jaagtog
• jagtog
• optog
• pelgrimstog
• soektog
• staptog
• strooptog
• swerftog
• terugtog
• uittog
• veldtog

Vertaling:
Engels: expedition, journey, voyage
Nederlands: tocht


Bywoord: tog

Betekenis:
• Beklemtoon of versterk iets.
• Dui 'n verskil aan; in weerwil van iets; nietemin.
• Regtig; in elke geval.

Gebruik:
• Ag, kom tog nou. Sy het dit tog nie regtig bedoel nie.
• Raak betrokke, maar moet tog net nie van die kantlyn af kla en kritiseer nie.
• My bloes is tog mooier as joune.

Spreekwoord:
• Gee hom tog sy sin. [Iemand laat doen wat hy wil doen.]

Vertaling:
Engels: still, notwithstanding, yet, surely
Nederlands: toch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wen
Volgende onderwerp: beskikbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 18:43:56 UTC 2025