Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
roman
Afbreking: ro•man
Selfstandige naamwoord: roman
Meervoud: romans
Verkleinwoord: romantjie
Meervoud van verkleining: romantjies
Betekenis:
• (letterkunde) 'n Lang storie in boekvorm; lang prosaverhaal.
• (vis) Chrysoblephus laticeps, 'n rooierige soort seevis.
Gebruik:
• Die kernelemente van die roman is die karakters, tyd, ruimte, en gebeure.
• Die roman is 'n gewilde hengelvis, maar word selde van die land af gevang.
Hiponiem:
• hygroman
• jeugroman
Vertaling:
Engels: novel
Nederlands: roman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.