Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wese
Afbreking: wes•te
Selfstandige naamwoord: weste
Meervoud: —
Betekenis:
• Die rigting of posisie na wes.
Gebruik:
• Kwaggasrand is 'n woongebied in die weste van Pretoria.
Sinoniem:
• wes
Antoniem:
• ooste
Spreekwoord:
• As die son sak in die weste, is die luiaard op sy beste. [Gesê aan iemand wat eers in die laat middag met 'n ernstige of groot werk begin.]
• Buite weste wees. [Bewusteloos, verward wees.]
Vertaling:
Engels: west
Nederlands: westen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.