sentrale [boodskap #126026 ]
Mon, 20 May 2019 06:07
Leksikograaf
Boodskappe: 21085Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sentrale
Afbreking: sen•tra•le
Byvoeglike naamwoord: sentraal
Vergrotende trap: sentraler
Oortreffende trap: sentraalste
Attributief: sentrale
Betekenis:
• Attributiewe vorm van sentraal; in die middel.
Gebruik:
• Houtbaai is 'n voorstad van Kaapstad, geleë 'n baai 5 km suid van Kaapstad se sentrale sakekern.
• Ikone speel daarnaas 'n sentrale rol in die Bisantynse kuns.
Sinoniem:
• middelste
Vertaling:
Engels: central
Nederlands: centrale
Selfstandige naamwoord: sentrale
Meervoud: sentrales
Verkleinwoord: sentraletjie
Meervoud van verkleining: sentraletjies
Betekenis:
• Sentrale punt in 'n stervormig netwerk; tipies 'n skakelkantoor (soos 'n telefoonsentrale) of kragstasie.
Gebruik:
• Bel die sentrale en vra vir 'n hooflyn na Bloemfontein.
Vertaling:
Engels: (telephone-)exchange; powerstation
Nederlands: centrale
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.