Betekenis:
• Om iets deur arbeid of moeite te bekom; in besit kry.
Gebruik:
• 'n Moedertaal is 'n taal wat 'n persoon gedurende sy jeug sonder formele taalonderrig verwerf.
• Drieankerbaai het bekendheid verwerf toe Ingrid Jonker daar in die see in geloop het.
Sinoniem:
• behaal
• bekom
• bereik
• verkry
Antoniem:
• verloor
Vertaling:
Engels: to acquire, obtain, gain, win
Nederlands: verwerven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.