Betekenis:
• Om ongemerk weg te raak; nie te kan vind nie.
• Om oorwin of verslaan word; nie wen nie; laaste kom.
• Om iets te verbeur; kwytraak.
• Om ongebruik te laat verbygaan.
Gebruik:
• Ek het al weer my sleutels verloor.
• Ons span het die wedstryd verloor.
• Hy het sy lewe in die ongeluk verloor.
• Sy het baie tyd met haar stadige wegspring verloor.
Spreekwoord:
• Hy het kop verloor. [Beheer verloor.]
• Hy het sy bril verloor. [Hy is dronk.]
• Hy het sy herkoutjie verloor. [Hy voel nie lekker nie.]
• Ek soek nie wat ek nie verloor nie. [Ek bemoei my nie met sake wat my nie aangaan nie.]
• Stadige gans verloor sy kans. [Deur stadig op te tree, verloor 'n mens goeie kanse.]