oorspronklik [boodskap #125952] |
Sat, 18 May 2019 10:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorspronklik
Afbreking: oor•spron•klik
Samestelling: oorsprong + -lik
Byvoeglike naamwoord: oorspronklik
Vergrotende trap: oorspronkliker
Oortreffende trap: oorspronklikste
Attributief: oorspronklike
Partitief: oorspronkliks
Betekenis:
• Soos dit in die begin was; aanvanklik.
• Self uitgedink of gemaak; uit eie vermoë geskep.
Gebruik:
• Die Boesmans was oorspronklik jagter-versamelaars.
• Is die skildery oorspronklik of nagemaak?
Sinoniem:
• aanvanklik
• afkomstig
• allereerste
• primordiaal
• selfgemaak
Afgelei:
• oorspronklikheid
Afkorting:
• oorspr.
Vertaling:
Engels: original, premeval
Nederlands: oorspronkelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|