Leksikograaf Boodskappe: 25479 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
behoort
Afbreking: be•hoort
Uitspraak: /bəˈɦuərt/
Werkwoord: behoort
Verlede tyd: het behoort
Teenwoordige deelwoord: behorend, behorende
Betekenis:
• Om iemand se eiendom te wees.
• Om deel van iets te wees; saam 'n eenheid vorm.
• Om regmatig of gepas te wees; moet kan doen of weet.
Gebruik:
• Die boek behoort aan haar.
• 'n Bosluis is 'n parasiet wat behoort tot die superfamilie Ixodoidea.
• Jy behoort te weet hoe om 'n woordeboek te gebruik.
Wisselvorm:
• hoort
• behoor (digterlik)
Afgelei:
• na behore
Vertaling:
Engels: to belong; pertain, appertain; should, ought
Nederlands: behoren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.