Leksikograaf Boodskappe: 21085 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
want
Afbreking: want
Voegwoord: want
Betekenis:
• Op grond van (gee neweskikkend 'n rede aan).
Gebruik:
• Ek wil 'n koeldrank hê, want ek is baie dors.
Spreekwoord:
• Praat gou, want ek woon ver. [Moenie so langdradig wees nie.]
• Sommer het nie rede nie, want skilpad dra nie vere nie. [Aan iemand gesê wat die rede vir sy optrede aangee as "sommer".]
Sinoniem:
• aangesien
• omdat
Homofoon:
• wand (muur)
Vertaling:
Engels: because, as for
Nederlands: want
Selfstandige naamwoord: want
Meervoud: wante
Betekenis:
• (ongewoon) Die touwerk van 'n skip.
Gebruik:
• Die seilskip se want sluit in: die kabels wat die mas regop hou en die toue waarmee die seile gehys word.