Betekenis:
• Om vir iemand te werk; in diens wees.
• Om 'n lid te wees (van 'n raad, komitee, bestuur, ens).
• Om vir 'n bepaalde toepassing geskik te wees.
• Om af te slaan in 'n balsport (soos tennis of pluimbal).
Gebruik:
• Hy dien as 'n konstabel in die polisiemag.
• Sy dien op die mediese raad.
• Dit dien geen doel nie.
• Jy maak elke keer 'n voetfout as jy dien.
Spreekwoord:
• Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]
Verwant:
• dienaar
• diens
Vertaling:
Engels: to serve, wait on, attend to
Nederlands: dienen, serveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.