Betekenis:
• Om die bedoeling te verduidelik; duidelik en helder maak.
• Om 'n amptelike standpunt uit te spreek; plegtig te kenne gee.
• Om 'n opgawe van belasbare bates te gee.
Gebruik:
• Kan iemand die werking hiervan verklaar?
• Die aangeklaagde verklaar onder eed dat hy nie betrokke was nie.
• Het jy jou belasting verklaar.
Spreekwoord:
• Iemand voëlvry verklaar. [Bepaal dat enigeen die persoon ongestraf mag doodmaak.]
Afgelei:
• verklaring
Vertaling:
Engels: to explain, declare
Nederlands: verklaren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.