Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besoek
besoek [boodskap #125855] Wo., 15 Mei 2019 20:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besoek
Afbreking: be•soek




Werkwoord: besoek
Verlede tyd: het besoek
Teenwoordige deelwoord: besoekend, besoekende

Betekenis:
• Om êrens/ by iemand langs aan te gaan of aan te kom; gaan kuier.

Gebruik:
• Die kinders wil hul oupa besoek.

Sinoniem:
• aangaan
• aandoen

Afgelei:
• besoeker
• besoeking

Vertaling:
Engels: to visit
Nederlands: bezoeken


Selfstandige naamwoord: besoek
Meervoud: besoeke
Verkleinwoord: besoekie
Meervoud van verkleining: besoekies

Betekenis:
• Handeling van by iemand of êrens langs aangaan of aankom; 'n kuier.

Gebruik:
• Die Voortrekkermonument is 'n besoek werd.

Hiponiem:
• kerkbesoek
• siekebesoek
• skoolbesoek
• staatsbesoek
• welwillendheidsbesoek
• winkelbesoek

Vertaling:
Engels: visit, call
Nederlands: bezoek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sien
Volgende onderwerp: militêre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 12 17:24:19 UTC 2025