Leksikograaf Boodskappe: 26301 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
bou
Afbreking: bou
Werkwoord: bou
Verlede tyd: het gebou
Teenwoordige deelwoord: bouend, bouende
Verlede deelwoord: geboude
Betekenis:
• Om 'n konstruksie deur die samevoeging van onderdele op te rig.
• Om geleidelik te ontwikkel, te vorm of te versterk.
Gebruik:
• Die seuns bou 'n boomhuis.
• Hulle het vir hulself 'n toekoms daar gebou.
Spreekwoord:
• Rome is nie in een dag gebou nie. [Groot dinge neem tyd om te voltooi.]
• 'n Huis op sand bou. ['n Onderneming op swak grondslag aanpak.]
• Hy bou lugkastele. [Mooi planne maak wat nie uitgevoer kan word nie.]
• Bou 'n galg vir ander, dan hang jy self daar aan. [As jy 'n ander in die moeilikheid wil bring, oorval die ongeluk jou dikwels self.]