| geskryf [boodskap #125715] |
Sa., 11 Mei 2019 09:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25736 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geskryf
Afbreking: ge•skryf
Werkwoord: skryf
Verlede tyd: het geskryf
Teenwoordige deelwoord: skrywend, skrywende
Verlede deelwoord: geskryfde, geskrewe
Betekenis:
• Die verlede tyd van skryf. Om taal met tekens of simbole van 'n bepaalde skryfstelsel op 'n medium vas te lê.
Gebruik:
• Conradie was die outeur van talle boeke en het ook artikels geskryf.
Spreekwoord:
• Dit staan op sy voorkop geskryf. ['n Mens kan dit duidelik aan hom sien.]
Vertaling:
Engels: wrote
Nederlands: geschreven
Selfstandige naamwoord: geskryf
Meervoud: —
Betekenis:
• Dit wat geskrywe is; gekrabbel, skrif.
Gebruik:
• Die lelike geskryf moet nou end kry.
Vertaling:
Engels: writing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|