Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ryk
ryk [boodskap #125672] Wo, 08 Mei 2019 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ryk
Afbreking: ryk




Byvoeglike naamwoord: ryk
Vergrotende trap: ryker
Oortreffende trap: rykste
Attributief: ryk (ryke)
Intensief: skatryk, stinkryk, vrotryk

Betekenis:
• Baie geld en besittings hê; in oorvloed lewe; vermoënd wees.
• Uitgebreid, veelomvattend.

Gebruik:
• Die man is ryk, hy het geld soos bossies.
• Suid-Afrika het 'n ryk geskiedenis.

Spreekwoord:
Ryk gesaai, bankrot geoes. [As iemand baie erf, verloor hy dit dikwels maklik weer.]
• Te min om van ryk te word, te veel om van dood te gaan. [Nie baie nie, net so dat 'n mens kan leef.]

Sinoniem:
• vermoënd
• welgesteld
• welvarend

Antoniem:
• arm

Homofoon:
• reik (die hand uitstrek, soos in "reik na die sterre")

Vertaling:
Engels: rich, wealthy, well-off, copious, fertile
Nederlands: rijk


Selfstandige naamwoord: ryk
Meervoud: ryke

Betekenis:
• Heerskappy; oppergesag; regering; staat of nasie onder 'n vors of heerser.

Gebruik:
• Assirië was 'n ou ryk in Asië wat nou gedeeltelik Irak is.

Afgelei:
• diereryk
• keiserryk
• planteryk

Vertaling:
Engels: empire, kingdom, sphere, realm, nation
Nederlands: rijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: algemene
Volgende onderwerp: skool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:54:07 MGT 2024