Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lê
lê [boodskap #125656] Wo., 08 Mei 2019 10:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26795
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
lê
Afbreking: lê
Uitspraak: /lɛː/, /lɛ̞ː/




Werkwoord: lê
Verlede tyd: het gelê
Teenwoordige deelwoord: lêende, liggende

Betekenis:
• In 'n horisontale posisie van rus te verkeer; om plat en stil te wees.
• Om iets in 'n horisontale posisie te laat.
• Êrens geleë wees.

Gebruik:
• Die boek lê op die grond.
• Hy lê sy tas op die bed neer. Die hoender het 'n eier gelê.
• Midrand lê tussen Pretoria en Johannesburg.

Spreekwoord:
• Hef aan lê nog voor. [Die groot moeilikheid kom nog.]
• Die henne wat die meeste kekkel, lê nie die meeste eiers nie. [Mense wat baie praat, doen dikwels min.]
• Haar hart lê op haar tong. [Sy loop met haar gevoelens te koop.]

Hiponiem:
• neerlê
• platlê
• rondlê
• slaplê

Verwant:
• geleë

Vertaling:
Engels: to lie, lay
Nederlands: liggen, leggen


Selfstandige naamwoord: lê
Meervoud: –

Betekenis:
• Die manier of wyse waarop iets tot rus kom.

Gebruik:
• Kry jou lê en kom tot ruste!
• Die gholfspeler is tevrede met die lê van sy bal.

Afgelei:
• lêery

Vertaling:
Engels: lie, lay
Nederlands: leggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongeveer
Volgende onderwerp: oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 10 13:22:48 UTC 2026