Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kort
kort [boodskap #125648] Wo., 08 Mei 2019 09:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26479
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kort
Afbreking: kort
Uitspraak: /kɔrt/




Byvoeglike naamwoord: kort
Vergrotende trap: korter
Oortreffende trap: kortste
Attributief: kort, korte
Partitief: korts

Betekenis:
• Van geringe lengte of geringe duur.

Gebruik:
• Wie het die kort stokkie getrek?
• Dit was 'n kort fliek gewees.

Antoniem:
• lank

Spreekwoord:
• Hy het 'n kort asem. [Hy word gou moeg.]
• Sy is kort van draad. [Humeurig; Hy word gou kwaad.]
• Hy is kort van gedagte. [Iets maklik vergeet.]
• Hier te kort en daar te lank. [Daar is besware en verskonings.]
• Sy het dit kort en kragtig gesê. [Met 'n paar woorde.]
• Hy wil alles kort en klein slaan. [Hy wil alles breek.]
• 'n Leuen het maar 'n kort been. ['n Onwaarheid word gou ontdek.]

Vertaling:
Engels: short, brief
Nederlands: kort


Werkwoord: kort
Verlede tyd: het gekort

Betekenis:
• Om te benodig; nie het nie.

Gebruik:
• Ons kort 'n paar spelers om die span vol te maak.

Spreekwoord:
• So 'n bek kort jêm! [Dis die moeite werd om te hoor wat gesê word.]

Vertaling:
Engels: to need, lack
Nederlands: kort

Nota:
• Die byvoeglike naamwoord "kort" het nie 'n algemeen aanvaarde (versteende) intensiewe vorm nie, maar baksteenkorthondkort, lontkort of stofpoepertjiekort is moontlik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do., 10 September 2026 06:20]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: Julie
Volgende onderwerp: vis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 07:26:47 UTC 2026