Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Atena (Athena)
Atena [boodskap #125568] Sa, 04 Mei 2019 07:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Standbeeld van Athena.
Standbeeld van Athena.
Atena of Athena (Grieks: Ἀθηνᾶ) was een van die belangrikste godinne in die Griekse mitologie. Sy was aan die Romeine bekend as Minerva en is soms Pallas of Pallas Athene genoem. Sy word verbind met oorlogvoering, maar was veral die godin van wysheid en ook van die kunste en wetenskappe. ’n Uil was haar heilige dier en sy het ook die sinnebeeld van wysheid geword. Sy sou van die kop van Zeus te voorskyn gekom het in volle wapenrusting en het 'n maagd gebly. Sy was die beskermgod (skutsgodin) van die stad Athene en die omliggende streek Attika in Griekeland. Die Parthenon, wat op die Akropolis staan, is ter ere van haar gebou.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Athelstan
Volgende onderwerp: Athene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:22:46 MGT 2024