Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Astor, William Waldorf
Astor, William Waldorf [boodskap #125556] Vr, 03 Mei 2019 06:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van William Waldorf Astor.
Portret van William Waldorf Astor.
William Waldorf Astor (1848 - 1919), die 1ste burggraaf Astor, was 'n welgestelde Amerikaanse prokureur en finansier. Hy was 'n prominente lid van die Astor-familie. Hy hy het in 1891 uit New York na Engeland verhuis en in 1899 'n Britse onderdaan geword. Astor is in 1916 as baron Astor aangewys en in 1917 as burggraaf Astor vir sy bydraes tot liefdadigheid tydens die oorlog.

Sy seun, William Waldorf Astor, 2de burggraaf Astor (1879) is in 1910 tot parlementslid vir Plymouth verkies. Dié se eggenote, burggravin Astor (Nancy Witcher Astor) gebore Virginië, V.S.A., was die eerste vroulike lid van die Britse parlement. Sy is in 1919 tot lid vir Plymouth verkies.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Asterisk
Volgende onderwerp: Astrakan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:22:43 MGT 2024