Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wêreld
wêreld [boodskap #125537] Wo, 01 Mei 2019 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wêreld
Afbreking: wê•reld
Uitspraak: /ˈvɛːrəlt/




Selfstandige naamwoord: wêreld
Meervoud: wêrelde
Verkleinwoord: wêreldjie
Meervoud van verkleining: wêreldjies

Betekenis:
• Die aarde en alles daarop.
• 'n Groot groep mense op aarde; die samelewing.
• Die dinge waarmee iemand hom besig hou.
• 'n Spesifieke plek op aarde.

Gebruik:
• Hy reis om die wêreld in 80 dae.
• Die hele wêreld weet van dié lekker webtuiste.
• Haar wêreld bestaan net uit skool en hokkie.
• Die wêreld om Kaapstad is Afrikaans.

Afgelei:
• wêreldbeker
• wêreldberoemd
• wêreldhof
• wêreldgebeure
• wêreldklas
• wêreldnuus
• wêreldtaal
• wêreldtoer

Vertaling:
Engels: world; area, surroundings
Nederlands: wereld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volgende
Volgende onderwerp: plaaslike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:49:55 MGT 2024