Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » daarna
daarna [boodskap #125523] Di., 30 April 2019 14:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25641
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daarna
Afbreking: daar•na
Samestelling: daar + na




Bywoord: daarna

Betekenis:
• In volgorde ná dit wat genoem is; op 'n later tydstip.

Gebruik:
• Ons het geëet en daarna gaan slaap.
• Môre is dit Saterdag en die dag daarna is dit Sondag.

Sinoniem:
• daaropvolgend
• later
• toe
• vervolgens

Antoniem:
• vroeër

Verwant:
• daaraan
• daarby
• daardie
• daardeur
• daarheen
• daarin
• daarmee
• daarom
• daaroor
• daarop
• daarvan
• daarvoor

Vertaling:
Engels: afterwards, next, after that
Nederlands: daarna


Voornaamwoord: daarna

Betekenis:
• Verwys terug na iets wat genoem is.

Gebruik:
• Ek weet jy hou van skoene, maar kyk mooi daarna (na dit) voordat jy dit koop.

Vertaling:
Engels: at that
Nederlands: daarna

Nota:
• "Daarna" is 'n bywoord van tyd of 'n aanwysende voornaamwoord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sedert
Volgende onderwerp: eers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 28 20:25:47 UTC 2026