Leksikograaf Boodskappe: 25613 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevolking
Afbreking: be•vol•king
Samestelling: bevolk + -ing
Selfstandige naamwoord: bevolking
Meervoud: bevolkings
Verkleinwoord: bevolkingtjie
Meervoud van verkleining: bevolkingtjies
Betekenis:
• Al die inwoners van 'n land, staat of gebied.
• Die versameling organismes van 'n spesie wat in 'n geografiese gebied voorkom.
Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse bevolking is saamgestel uit mense van diverse nasionaliteite.
• Die grootste bevolkings van Suid-Afrikaanse renosters word in die Krugerwildtuin aangetref.