Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebore
gebore [boodskap #125495] Ma., 29 April 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26872
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
gebore
Afbreking: ge•bo•re




Byvoeglike naamwoord: gebore
Attributief: gebore

Betekenis:
• Wat gebaar of deur geboorte ter wêreld gebring is.
• Wat begin is of ontstaan het.
• Wat 'n bepaalde eienskap besit.

Gebruik:
• Sy is in 1970 in Bloemfontein gebore.
• Uit die ontmoeting is 'n hegte vriendskap gebore.
• Hy is 'n gebore leier. Anna De Vries, gebore Jansen, is as voorsitter verkies.

Spreekwoord:
• Hy is moeg gebore. [Iemand wat baie lui is.]
• Met die goue lepel gebore. [Baie voorspoedig.]
• Sy is daar gebore en getoë. [Gebore en opgevoed.]
• Vir die ongeluk gebore. [Besonder teenspoedig wees.]

Antoniem:
• ongebore
• oorlede

Hiponiem:
• doodgebore
• pasgebore
• vroeggebore
• vrygebore
• wedergebore
• weergebore
• welgebore

Afkorting:
• geb.

Vertaling:
Engels: born
Nederlands: geboren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 17 Oktober 2026 17:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: lewe
Volgende onderwerp: gevolg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 19 03:30:33 UTC 2026