Leksikograaf Boodskappe: 25539 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Japannese soldaat wat op aandag staan.staan
Afbreking: staan
Uitspraak: /stɑːn/
Werkwoord: staan
Verlede tyd: het gestaan
Teenwoordige deelwoord: staande
Betekenis:
• Om regop op die voete te wees; met die lyf en bene reguit terwyl mens op die voete rus.
• Om in 'n vertikale posisie van rus te wees.
• Om geskryf of gedruk te wees.
• Om in 'n bepaalde posisie of plek te wees.
• Om voet by stuk te hou; aan iets glo en daarvan oortuig wees.
Gebruik:
• Staan op as ek met jou praat.
• Die paal het agter die muur gestaan.
• Dit staan so in die Bybel.
• Dis die huis wat op die bult staan.
• Ek het by my besluit gestaan.
Spreekwoord:
• Skouer aan skouer staan. [Saamstaan.]
• Dit staan jou vry. [Jy kan doen wat jy wil.]
• Al staan jy op jou kop. [Al doen jy ook wat.]
• Dit staan my nie aan nie. [Ek hou nie daarvan nie.]
• Jy staan in jou eie son. [Jy belemmer jou eie kanse.]
• Ek staan op vaste grond. [Seker van jou saak wees.]
• Dit kom hom duur te staan. [Daarvoor sal hy moet boet.]
• Sy hande staan vir niks verkeerd nie. [Hy kan alles doen.]
• Met 'n mond/bek vol tande staan. [Nie weet wat om te sê nie.]
• Hy kan nie in sy skaduwee staan nie. [Nie sy gelyke wees nie.]
• Ek staan met die rug teen die muur. [Daar is geen uitkomkans.]
• Dit staan soos 'n paal bo water. [Dit is beslis so; dit is heel duidelik.]
• Hy staan sy man. [Dapper wees en wys wie jy is; opgewasse wees teen.]
• Dit staan op sy voorkop geskryf. ['n Mens kan dit duidelik aan hom sien.]
• Ek wil nie graag in haar skoene staan nie. [Nie graag in haar posisie wees nie.]
• Van sit en staan bly lê die lekkerste. [Lekker om te rus as mens hard gewerk het.]
• Hy is so gemaak en laat staan. [Hy kan hom nie anders voordoen as wat hy is nie.]
• Hy moet maar pa staan daarvoor. [Die egtheid en betroubaarheid van iets waarborg.]
• Van gaan en staan kom niks gedaan. [Om iets uit te rig, moet daar gehandel word.]
• Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]