Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tyd
tyd [boodskap #125421] Ma, 22 April 2019 08:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klok kan tyd meet.
'n Klok kan tyd meet.
tyd
Afbreking: tyd
Uitspraak: /woord/




Selfstandige naamwoord: tyd
Meervoud: tye
Verkleinwoord: tydjie
Meervoud van verkleining: tydjies

Betekenis:
• 'n Gemete periode (sekondes, minute, ure, dae, weke, maande, jare, ens.)

Gebruik:
• Die tyd van die jaar kry ons baie donderstorms.
• Die toets het nie op tyd begin nie omdat die vraestelle laat afgelewer is.

Spreekwoord:
• Tot tyd en wyl. [Totdat.]
• Hy is agter die tyd. [Outyds; nie op hoogte wees nie.]
• Die tyd is die beste heelmeester. [Die tyd genees alles.]
• Sy is oud voor haar tyd. [Soos 'n oumens wees, al is jy nog jonk.]
• Wie nie pas op sy tyd, is sy maaltyd kwyt. [Wie laat kom, kry geen kos nie.]
• Kom tyd, kom raad. [Na rype oorweging kan 'n mens dikwels die probleem oplos.]
• 'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. ['n Kind moet gereeld gestraf word.]
• Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. [Niks bly onveranderd nie.]

Hiponiem:
• gehaltetyd
• komkommertyd
• piektyd
• rustyd
• slaaptyd
• speeltyd
• vredestyd

Afgelei:
• tydsberekening
• tydbom
• tyddeel
• tydeenheid
• tydelik
• tydens
• tydgenoot
• tydig
• tyding
• tydperk
• tydren
• tydrowend
• tydskrif
• tydsprong
• tydstip
• tydtafel
• tydverdryf

Vertaling:
Engels: time; season; tense
Nederlands: tijd


Tussenwerpsel: tyd

Betekenis:
• Uitroep van verbasing.

Gebruik:
• O my liewe tyd!

Vertaling:
Engels: goodness gracious

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sowat
Volgende onderwerp: weer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:26:03 MGT 2024