Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naam
- naam [boodskap #125413] Mon, 22 April 2019 07:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21398
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
naam
Afbreking: naam
Uitspraak: /nɑːm/




Selfstandige naamwoord: naam
Meervoud: name
Verkleinwoord: naampie
Meervoud van verkleining: naampies

Betekenis:
• Vaste woord om 'n persoon of saak afsonderlik aan te dui.
• Beroemdheid; reputasie; bekendheid.

Gebruik:
• Wat is jou naam? My naam is Jan.
• Hy is besig om vir homself naam te maak.

Spreekwoord:
• 'n Ding by die naam noem. [Reguit praat.]
• Sy naam is op die spel. [Iemand se goeie reputasie is in gevaar.]
• Iemand se naam met 'n plank slaan. [Iemand verkleineer of sy naam sleg maak.]
• Die kind se naam is Wit Willem. ['n Saak is afgehandel en daar kan niks meer aan gedoen word nie (hy is nou klaar met dié naam gedoop).]

Hiponiem:
• agternaam
• babanaam
• bynaam
• doopnaam
• eienaam
• geslagsnaam
• handelsnaam
• liefdesnaam
• meisienaam
• persoonsnaam
• pleknaam
• roepnaam
• saaknaam
• seunsnaam
• skrywersnaam
• skuilnaam
• soortnaam
• spotnaam
• troetelnaam
• voornaam

Afgelei:
• naambord
• naamloos
• naamlys
• naamplaat
• naamrol
• naamtekening
• naamval
• naamsverandering
• naamwoord

Vertaling:
Engels: name; renown
Nederlands: naam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kom
Volgende onderwerp: veral
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Mar 30 14:12:21 UTC 2025