Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waar
waar [boodskap #125357] Vr., 19 April 2019 15:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25603
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waar
Afbreking: waar




Byvoeglike naamwoord: waar
Vergrotende trap: waarder
Oortreffende trap: waarste
Attributief: ware

Betekenis:
• In ooreenstemming met die werklikheid; feitelik en nie opgemaak nie; eg.
• 'n Goeie voorbeeld van hoe iets of iemand moet wees.

Gebruik:
• Is dit waar dat jy die toets gedop het?
• Jy is 'n ware vriend.

Spreekwoord:
• Daar is geen skyntjie van waar nie. [Daar is totaal niks van waar nie.]

Vergelyking:
• So waar soos padda manel dra.
• So waar soos ek leef.

Sinoniem:
• korrek

Antoniem:
• onwaar
• vals

Vertaling:
Engels: true, authentic, indeed
Nederlands: waar, echt


Bywoord: waar

Betekenis:
• Dui 'n plek aan; op watter plek.

Gebruik:
• Weet jy waar my brille is?
Waar het jy die lekkergoed weggesteek?

Spreekwoord:
• Wys waar Dawid die wortels gegraaf het. [Iemand berispe.]
• Ek weet nie waar ek my kop moet insteek nie. [Baie skaam wees.]
• Ek wil weet waar ek aan of af is. [Ek wil weet wat my posisie is]
• Krap waar dit nie jeuk nie. [Jou bemoei met sake wat jou nie aangaan nie.]
• Maai waar jy nie gesaai het nie. [Die voordeel trek van werk wat 'n ander gedoen het.]
• Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. [Jou ware aard en afkoms kan nie verborge bly nie.]

Vertaling:
Engels: where
Nederlands: waar


Voegwoord: waar

Betekenis:
• Gee 'n gelyktydigheid en gedeeltelike teenspraak aan.

Gebruik:
Waar sy broer laaste gekom het, kom hy eerste.
Waar Nederland bekommerd is oor Sint Maarten, reken die eiland op sy nuwe status.

Spreekwoord:
Waar 'n wil is, is 'n weg. [As 'n mens net wil, kan jy baie doen.]
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. ['n Mens praat maklik oor iets wat jou baie interesseer.]
Waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand. ['n Skinderpraatjie, hoe oordrewe ook al, bevat gewoonlik 'n bietjie waarheid.]

Vertaling:
Engels: whereas, since, while
Nederlands: waar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tussen
Volgende onderwerp: teen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jun. 25 07:27:09 UTC 2026