Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toe
toe [boodskap #125355] Vr., 19 April 2019 15:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25550
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toe
Afbreking: toe




Byvoeglike naamwoord: toe
Vergrotende trap: toeër
Oortreffende trap: toeste
Attributief: toe
Intensief: bottoe, digtoe, pottoe

Betekenis:
• Waardeur nie beweeg kan word nie; bedek of gesluit.
• Nie oop vir besigheid nie.
• Nie baie slim nie.

Gebruik:
• Die deur is toe. Maak toe die hek.
• Die winkel is toe.
• Hy is so toe soos 'n kleios (se gat).

Antoniem:
• oop

Vertaling:
Engels: closed, shut; stupid
Nederlands: toe, gesloten, dicht


Bywoord: toe

Betekenis:
• Verwys na iets wat in die verlede gebeur het; op daardie tyd/oomblik.

Gebruik:
• Hy het dit toe gedoen.
• Ons het toe nog nie lank in Pretoria gewoon nie.

Vertaling:
Engels: then
Nederlands: toen

Nota:
• "Toe" (as bw.) verwys na die verlede tyd. Gebruik "dan" om na die hede of die toekoms te verwys.


Voegwoord: toe

Betekenis:
• Voeg twee sinne in die verlede tyd by mekaar. Op die tyd wat; wanneer.

Gebruik:
Toe hy daar aankom, was dit al te laat.

Vertaling:
Engels: when, as
Nederlands: toen


Tussenwerpsel: toe

Betekenis:
• 'n Aansporing tot 'n handeling.
• 'n Sus of gerusstelling.

Gebruik:
Toe, kom tog nou!
• Ag, toe, dit is glad nie so erg nie.

Vertaling:
Engels: wel then
Nederlands: toen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 17 Junie 2026 12:19]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: twee
Volgende onderwerp: tussen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jun. 20 15:33:48 UTC 2026