Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » by
by [boodskap #125328] Do, 18 April 2019 17:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n By wat stuifmeel versamel.
'n By wat stuifmeel versamel.
by
Afbreking: by
Uitspraak: /bəi/, /bəɪ̯/




Selfstandige naamwoord: by
Meervoud: bye
Verkleinwoord: bytjie
Meervoud van verkleining: bytjies

Betekenis:
• 'n Vliesvleuelige insek wat heuning maak en seer steek (Apis mellifica).

Gebruik:
• 'n Hommelby is 'n manlike by, maar die koningin en die werkerbye is almal vroulik.
• Byeboere hou bye aan om heuning en was te versamel, of om landbou-oeste te bestuif.

Sinoniem:
• heuningby
• hommelby

Vertaling:
Engels: bee
Nederlands: bij


Bywoord: by

Betekenis:
• Teenwoordig; in die nabyheid, daar waar dinge gebeur.
• Weet wat aangaan; opgevang wees.

Gebruik:
• Sy is allergies vir bye, gelukkig was ek by toe die by haar steek.
• Hy moes ekstra klasse loop, maar is nou by die res van ons.

Vertaling:
Engels: present, there; up to date
Nederlands: bij


Voorsetsel: by

Betekenis:
• In die nabyheid van; in iemand se geselskap.
• Saam, om, rondom, naasaan.

Gebruik:
• Jy hoef nie bang te wees nie, ek sit hier by jou.
• Het jy jou bysteekpille by jou?

Vertaling:
Engels: with, by, at
Nederlands: bij

Nota:
• Versamelnaam: swerm bye.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dat
Volgende onderwerp: uit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 22:42:11 MGT 2024