Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alkohol
Alkohol [boodskap #124966] Sun, 10 March 2019 09:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alkohol is 'n groep koolwaterstof-verbindinge met ’n waterstofatoom vervang deur een of meer hidroksiel- (HO)-groepe. Wat algemeen alkohol genoem word, is in werklikheid etielalkohol of wyngees, C2H5OH, wat gewoonlik gemaak word deur die gisting van suiker. Dit gebeur met bier, wyn en spiritualieë. Onder alkohole in die handel word metielalkohol, CH3OH, gewoonlik verkry deur ’n sintetiese proses waarin ’n mengsel van een deel koolstofmonokside en twee dele waterstof gelei word oor sink- en chroomokside wat tot 350 - 400°C verhit is. Gevolg:
CO + 2H2 = CH3OH.

Ander alkoholsoorte is protiel- en butielalkohol wat albei as oplosmiddels gebruik word. Alekhol brand met ’n nie-liggewende vlam, los vette en olies op, word gebruik in die vervaardiging van politoere en as plaasvervanger vir petrol.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alkmaar
Volgende onderwerp: Allah
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 21 00:43:16 UTC 2025