Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die klein stouterd!
Die klein stouterd! [boodskap #124935] Vr, 08 Maart 2019 17:43
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Vrou loop agter 'n oupa en sy kleinseun in die supermark en merk op die seuntjie is verskriklik stout. Die oupa het sy hande behoorlik vol, want die kind skree vir lekkers en gryp aan alles op die rakke. Die oupa werk stelselmatig sy pad tussen die rakke deur en die vrou hoor hom in 'n beheerste stem sê:
"Kalm bly Jannie, dis nie meer lank nie, wees net kalm."

Ná nóg 'n uitbarsting merk die oupa weer saggies op:
"Dis oukei Jannie, dis oukei, nog net 'n paar minute dan is ons klaar, wees net rustig."

By die betaalpunt gooi die laaitie die goed wild en wakker uit die trollie, en weer hoor die vrou hoe die oupa net stilweg onder sy stem sê:
"Ontspan net Jannie, moet jou nie so ontstel nie. Ons is oor 5 minute by die huis, bly net koel!"

Die vrou is baie beïndruk met die oupa en toe sy hom buite kry waar hy die inkopies
in die kattebak laai, sê sy aan die oom:
"Dit het niks met my te doen nie, maar ek wil darem net noem dat ek vreeslik beïndruk is deur oom se selfbeheersing. Maak nie saak hoe stout die karnallie was nie, oom het net sag gepraat en kalm gebly. Jannie is baie gelukkig om ‘n oupa soos oom te hê!"

"Dankie," merk die oupa op, "maar ek is Jannie, die klein stouterd is Kosie!"
Vorige onderwerp: Wetsgehoorsame padgebruikers
Volgende onderwerp: BMW vs. Volkswagen-kewer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:53:16 MGT 2024