Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Akkumulatore en batterye
Akkumulatore en batterye [boodskap #124886] So, 03 Maart 2019 09:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Akkumulatore en batterye is elektriese selle; kan wees (a) primêr, d.w.s. dit verskaf elektrisiteit (batterye), of (b) sekondêr, d.w.s. dit gaar elektrisiteit op (akkumulatore).

(a) ’n Sinkplaat, met ’n draad aan ’n koperplaat verbind, en albei plate in verdunde suur gedompel. ’n Stroom vloei, dog dit word later verminder omdat waterstofblasies op die koperplaat (of pool) aanpak, ’n verskynsel wat polarisasie genoem word. Depolarisasie is met welslae tot stand gebring in die bichromaatsel, baie gebruik in die vorige eeu. Dit het ’n bestendige elektromotoriese krag (EMK) van ongeveer 2 volt verskaf.

In Leclanche-selle, wat dikwels vir klokkies gebruik word, word ammoniumchloride (NH4Cl) gebruik, ook sink- en koolstofstawe en ’n poreuse pot, gevul met koolstof (om as geleier te dien) en mangaandiokside (MnO2), wat "depolariseer" deur die waterstof te oksideer om water te vorm. In die "nat" sel is die MnO2 in taamlik groot korreltjies en is sy werking stadig. Dit kan stroom slegs vir kort tye lewer (daarna het dit tyd nodig om te herstel), dus word dit vir elektriese klokkies gebruik. In die "droë" sel is die MnO2 in fyner deeltjies. Die sel lewer voortdurend ’n matige stroom, gevolglik word dit in flitslampe gebruik. In die "droë" sel van hierdie tipe is die depolariseerder deur ’n pasta van ammoniumchloride en meel omgewe. Die stroomspanning is ongeveer 1.5.

(b) Opgaarbatterye, of akkumulafore (kortweg ook akku's genoem) word baie in motors, radiostelle, ens. gebruik. ’n Tipiese akkumulator het 2 plate van lood (of lood en antimoon) in verdunde swawelsuur. Wanneer dit gelaai is, word die positiewe plaat (elektrode) met ’n laag loodperokside bedek. Onderwyl die akkumulator ontlaai, word suurstof uit die loodperokside vrygestel totdat suiwer lood oorbly. Edison se nikkel-yster-akkumulator gee ’n EMK van 1.4 volt.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Akkedis
Volgende onderwerp: Akoniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:16:00 MGT 2024