Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Woordeboek (Doel en werkswyse)
Woordeboek [boodskap #124826] Di, 19 Februarie 2019 07:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18625
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Die forum dien as 'n soort informele woordeboek wat poog om die opsoek van woorde op die internet te vergemaklik. Dit is egter geen WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) of HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) nie, en behoort ook nie met sulke gesaghebbende bronne vergelyk te word nie. Dus, gebruik dit op u eie risiko, maar skaf ook maar 'n paar goeie woordeboeke aan. 'n Woordeboek is 'n statussimbool op 'n boekrak en kom handig te pas wanneer u dit die minste verwag.

U het waarskynlik opgelet dat die spesifieke forum bestem is vir woordeboekinskrywings en nie vir algemene besprekings oor woordeboeke nie. Mense wat aangemeld het sal nuwe woordinskrywings kan pos en kommentaar op bestaande woordinskrywings kan lewer. U sal egter eers moet registreer en aanteken. As u bestaande inskrywings wil verbeter (wysig), kan u vra dat die nodige regte aan u toegeken word.

Ons wil by elke woord ook 'n paar klankgrepe van verskillende mense lys, sodat besoekers na die woorde se uitspraak kan luister. Laat asb weet as u met die opname van woorde kan help. Voel ook vry om nuwe woorde te pos en die beskrywing van bestaande woorde te verifieer en verder uit te bou.

Waarskuwing:
As 'n woord as 'n byword (bw.) of 'n byvoeglike naamwoord (b.nw.) gebruik kan word, word dit dikwels slegs as b.nw. beskryf. In sulke gevalle kan in die voorbeeldsinne die bywoordelike gebruik aandui, wat vir sommige mense verwarrend kan wees.

Lisensie:
Die woordeboek kan gratis vir nie-kommersiële doeleindes gebruik en versprei word mits:
• die webwerf as die bron vermeld word; en
• enige wysigings tot die woordeboek hier aangebring word.

Voorgestelde uitleg vir inskrywings:
Die onderstaande sjabloon kan ingevul en gepos word om nuwe woorde op die forum te lys. Etikette soos [b] is BBkode en kan net so gelaat word. As u die inskrywing pos, sal u sien hoe dit vertoon word. Moenie bang wees om foute te maak nie, u kan altyd na die tyd die "wysig"-funksie gebruik om veranderinge aan te bring.


[b]woord[/b]
Afbreking: woord
Samestelling: woord1 + woord2
Uitspraak: /woord/
[[Oudio:woord]]

[hr]
Selfstandige naamwoord: [b]woord[/b]
Meervoud: [b]woorde[/b]
Verkleinwoord: [b]woordjie[/b]
Meervoud van verkleining: [b]woordjies[/b]

Betekenis:
{{.}} ...

Gebruik:
{{.}} ...

Spreekwoord:
{{.}} ... [...]

Sinoniem:
{{.}} ...

Antoniem:
{{.}} ...

Spelfout:
{{.}} ...

Vertaling:
Engels: ...
Nederlands: ...

Nota:
{{.}} ...

{{w}}



Vir ander woordsoorte -

Byvoeglike naamwoord: [b]woord[/b]
Vergrotende trap: [b]-er[/b]
Oortreffende trap: [b]-ste[/b]
Attributief: [b]-e[/b]
Partitief: [b]-s[/b]
Intensief: [b][/b]


Werkwoord: [b]woord[/b]
Verlede tyd: [b]het ge-[/b]
Teenwoordige deelwoord: [b]onvoltooide deelwoord[/b]
Verlede deelwoord: [b]voltooide deelwoord[/b]


Afkorting:
Bepaalde lidwoord:
Bywoord:
Hooftelwoord:
Onbepaalde lidwoord:
Eienaam:
Pleknaam:
Rangtelwoord:
Voegwoord:
Voornaamwoord:
Besitlike voornaamwoord:
Persoonlike voornaamwoord:
Voorsetsel:
Tussenwerpsel:



Ander hofies:

Wisselvorm:
Hiperoniem:
Hiponiem:
Meroniem:
Holoniem:
Vergelyking:
Verwant:
Vorige onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:25:41 MGT 2024