| Re: Lemon Balm [boodskap #1242] |
Ma., 14 Julie 2003 21:39  |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 14 Jul 2003 17:20:31 -0400, Katryn wrote:
> "Lorinda" wrote:
>
>> Van goeie geheue gepraat, 'n rukkie gelede was die media hier vol van die
>> "feit" dat die plant lemon balm glo baie goed vir die geheue is. Dink jy
>> daar is enige waarheid in Katryn? Ek vra net omdat ek skepties is daaroor
>> dat enige plant met so iets kan help, maar ek weet nie.
>
Ek gebruik 'n multi vitamine stroop wat Ginko Biloba 'contains'.
Mind and energy booster.
Ginko Biloba is an ancient herbal remedy traditionally used for the
improvement of memory, alertness and concentration.
Die produk se naam is Turbovite en dit bevat 'n magdom vitamines en
minerale. Een van die redes waarom ek tot vroeg oggend op rekenaar
besig is, en behalwe dit, is ons op die oomblik in middelwinter, en
sonder enige griepinspuiting, het ek geen verkoue nie.
> Ek dra kennis van, en het al artikels gesien wat dui op lemon balm
> (melissa) se antivirale eienskappe en veral met betrekking op Herpes
> Hominus Simplex tipe 1 (HSV-1). Maar oor die geheue storie spesifiek
> kan ek ongelukkig nie aan iets spesifieks dink nie.
> Moenie te skepties wees nie, hoor? Kruie se medisinale eienskappe is
> amazing, en ons kan nog baie leer van die Oosterlinge veral. Probleem
> is dat baie van die goed se aktiewe bestanddele is dosis spesifiek,
> en verskillende mense sal verskillend reageer (ook afhangende van
> hulle gewone dieet en medisyne regime). Dan kan mens ook nie sommer
> net sekere goed gebruik sonder om in ag te neem dat daar n kaskade
> ander effekte en newe-effekte ook plaasvind nie. Dis beter om na die
> geheel te kyk. Jou dieet, watse medisyne jy tans gebruik, hoeveel
> oefening jy kry en so aan...
> Maar ek babbel nou. Sal môre gou kyk in die Index Medicus of ek iets
> meer feitliks/wetenskapliks kan kry oor spesifiek die farmakologiese
> aksies van melissa, en jou laat weet.
>
> Nou moet ek gaan kosmaak en aandag aan man en seun gee. Gesels later
> weer. :-)
|
|
|
|
|
|
| Re: Lemon Balm [boodskap #1244 is 'n antwoord op boodskap #1243] |
Ma., 14 Julie 2003 21:47   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 14 Jul 2003 22:41:45 +0100, "Lorinda" wrote:
>
> Ek is nie skepties oor medisinale eienskappe van kruie oor die algemeen nie.
> Ek groei self kruie en gebruik dit vir allerhande doeleindes, maar het net
> nie gedink geheue is iets wat daardeur gehelp kan word nie, omdat ek nie kon
> uitwerk hoe dit sou werk nie, daarom die vraag.
>
> Lorinda
>
Ek weer, is vreeslik verstrooid. So verstrooid, dat ek somtyds 'n lag
ontlok. In 'n graad twee skoolsertifikaat, het 'n onderwyseres al
gesê: "Hy doen goed maar is verstrooid"
So ek het dit saam met my grootword jare gebring:-)
Wat het ek saamgebring? Kan nou nie onthou nie, maar jy sal
weet waaroor ons gepraat het, want ek dink nou aan iets anders.
Speedy
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lemon Balm [boodskap #1345 is 'n antwoord op boodskap #1242] |
Wo., 16 Julie 2003 06:58  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:kc09hvg06urs6us8imk7lqvjp7366rllgq@4ax.com...
> Dis darem beter as om alles goedsmoeds te glo. :-) En, ek het rerig
> geen idee van "sage" is in Afrikaans nie. Wanneer kry jy jou
> woordeboeke? :-)
>
Dit neem glo "up to" 12 weke. Ek hoop dis gouer hier as dit...:-)
Lorinda
|
|
|
|