Tuis » Taal » Ensiklopedie » Abisai
Abisai [boodskap #124743] |
Sat, 09 February 2019 17:08 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Abisai was 'n Ou Testamentiese held, broerskind van koning Dawid; een van drie manne wat hul lewe gewaag het om water vir die koning te gaan haal (2 Sam. 23). Die naam beteken waarskynlik: "(my) pa is Isai" of "(my) pa bestaan".
Abisai was die oudste seun van Seruja, die suster van Dawid, en broer van Joab en Asael (2 Sam 2:18). Hy was hoof van ’n groep van drie onder Dawid se "magtige manne" (2 Sam 23:18). Abisai se beste karaktertrekke was sy onwrikbare lojaliteit en getrouheid aan Dawid.
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Christelike Kernensiklopedie (eCKE)
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:51:15 UTC 2025
|